1. |
Die Provinsiale Prinsipaalforum (PPF) is in Februarie 2009 geskep en het die afgelope jaar goed gefunksioneer. Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) wil graag sy waardering uitspreek teenoor die prinsipale wat tot dusver op die PPF gedien en bygedra het tot die sukses daarvan.
|
2. |
Ten einde die funksionering van die distriks- en provinsiale forums te verbeter, is die volgende veranderinge deur die Departmentshoof goedgekeur:
|
2.1 |
Die lidmaatskapstermyn van distriks- en provinsiale prinsipaalforums sal twee jaar wees;
|
2.2 |
Distriks- en provinsiale prinsipaalforums sal eenkeer elke skoolkwartaal byeenkom.
|
3. |
Liasseer asseblief hierdie omsendbrief saam met die Raamwerkdokument wat onder dekking van DIM/0008/2008 uitgestuur is.
|
4. |
U kan die IBB-bestuurder van u skool kontak vir meer inligting.
|
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2009:12:04
|