1. |
Lys van voorgeskrewe werke wat in April-Junie 2010 Senior Serifikaat-eksamen geëksamineer gaan word |
1.1 |
Die lys van voorgeskrewe werke vir Afrikaans, Engels, isiXhosa, Sesotho en Setswana wat in April-Junie 2010 in die Senior Sertifikaat-eksamen deur die WKOD geëksamineer gaan word, word hierby aangeheg. (Bylae A) |
1.2 |
Kandidate wat ander tale wil skryf wat in die lys in Bylae B verskyn, kan die lyste voorgeskrewe werke van die Direktoraat: Assesseringsbestuur aanvra deur mnr. TJ Magwaca te skakel by telefoonnommer (021) 467 2626 of e-posadres: tmagwaca@pgwc.gov.za. |
2. |
Sluitingsdatum vir registrasie vir April-Junie 2010-eksamen |
2.1 |
Die sluitingsdatum vir registrasie vir die April-Junie 2010-eksamen is Woensdag, 30 September 2009. Kandidate kan by Gemeenskapsleersentrums registreer of by die inbelsentrum van die WKOD, 2de vloer, Grand Central Towers, Laer-Pleinstraat, Kaapstad. Gemeenskapsleersentrumbestuurders en kandidate word versoek om streng by hierdie datum te hou. Kandidate wat toegang tot die Internet het, kan vir die April-Junie 2010 Senior Sertifikaat-eksamen aanlyn registreer by http://exams.wcape.gov.za |
3. |
Lys vakke wat in 2010 geëksamineer gaan word |
3.1 |
'n Lys met Senior Sertifikaat-vakke wat in die eksamen van April-Junie 2010 geëksamineer sal word, is aangeheg as Bylae B. |
3.2 |
Deeltydse kandidate moet daarop let dat hulle nie toegelaat sal word om 'n vak aan te bied wat 'n praktiese komponent het nie. |
4. |
Prinsipale, sentrumbestuurders en WKOD-amptenare word versoek om die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle kandidate te bring wat die Senior Sertifikaat-eksamen in April-Junie 2010 wil skryf. |
GETEKEN: T SINGH
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2009:09:22
|