1. |
Die gewysigde Regulasies vir die Afneem, Administrasie en Bestuur van Assessering van die Senior Sertifikaat-eksamen maak voorsiening vir die administrasie van die Senior Sertifikaat-eksamen van Mei-Junie 2009 tot Mei-Junie 2011.
|
2. |
Aangeheg is die rooster vir die deeltydse kandidate wat die Senior Sertifikaat-eksamen in Mei-Junie 2009 sal aflê.
|
3. |
Die eksamen begin op 28 April 2009 en loop ten einde op 25 Junie 2009.
|
4. |
Op die meeste van die dae waarop 'n eksamenvak geskryf sal word, sal daar slegs een eksamensessie per dag wees, d.w.s. die middagsessie wat om 14:00 begin.
|
5. |
Eksamensentrums vir die afneem van die Senior Sertifikaat-eksamens sal ingerig word in lokale wat deur die Departement bepaal word.
|
6. |
Die hoofopsiener moet seker maak dat kandidate die eksamenlokaal binnegaan 30 minute voor die amptelike aanvangstyd van die eksamensessie. Hierdie tydperk van 30 minute moet soos volg gebruik word:
|
6.1 |
Die eerste 20 minute moet gebruik word om die kandidate hulle korrekte sitplekke te laat inneem, om die vraestelle uit te deel, ens.
|
6.2 |
Gedurende die oorblywende 10 minute moet die kandidate hulle vraestelle deurlees.
|
7. |
Niemand mag skryf of aantekeninge maak in enige stadium van hierdie tydperk van 30 minute nie. 'n Oortreding van hierdie reël sal as 'n onreëlmatigheid beskou word.
|
8. |
Kandidate moet ophou skryf op die tyd wat op die eksamenrooster aangedui word.
|
9. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle kandidate wat van voornemens is om die Senior Sertifikaat-eksamen in Mei-Junie 2009 af te lê.
|
GETEKEN: BK SCHREUDER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2009:03:03
|