1. |
Dit het onder die aandag van die Wes-Kaap Onderwysdepartement [WKOD] gekom dat sommige skole politieke partye toelaat om hulle advertensies op hulle reklameborde aan te bring.
|
2. |
Die WKOD wil graag die aandag van onderwysdistrikskantore en skole vestig op die inhoud van Omsendbrief 0076/1998, "Advertering op Skooleiendom", paragraaf 3.3, wat, alhoewel dit nie spesifiek verwys na die advertensies van politieke partye nie, in hierdie verband deur skole as riglyn gebruik kan word.
|
3. |
Geen politieke plakkate/pamflette moet op enige deel van die skoolgebou of teen die omheining van die skool aangebring word nie.
|
4. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van die personeel, die skoolbeheerliggaam en ouers.
|
5. |
U samewerking in belang van die onderwys word op prys gestel.
|
GETEKEN: TS LINGELA
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2009:02:23
|