EERSTE ADDISIONELE TAAL
Skole moet twee van die vier genres (Roman, Drama, Kortverhale, Poësie) vir letterkundestudie in die Eerste Addisionele Taal kies. Vir eksterne eksamendoeleindes, moet een titel uit elk van die twee gekose genres bestudeer word.
Roman
Romans in die 11 amptelike Suid-Afrikaanse tale word in Bylae B gegee. Indien hierdie genre gekies word, moet skole een van die titels op die lys kies en bestudeer.
Drama
Dramas in 9 amptelike Suid-Afrikaanse tale word in Bylae D gegee. Indien hierdie genre gekies word, moet skole een van die titels op die lys kies en bestudeer.
Let asseblief daarop dat daar geen dramas vir Ndebele en Xhosa Eerste Addisionele Taal voorgeskryf is nie en hierdie genre is dus nie 'n opsie vir daardie twee taalkursusse nie.
Kortverhale
Die seleksie van kortverhale vir 2009 vir Afrikaans en Engels Eerste Addisionele Taal word in Bylae F gegee.
Seleksies van kortverhale vir Afrikatale se Eerste Addisionele Tale vir 2009 is nog nie aangekondig nie. Die nasionale Departement van Onderwys sal dit mettertyd bekend maak en die WKOD sal skole dienooreenkomstig in kennis stel.
Die nasionale Departement van Onderwys sal provinsiale onderwysdepartemente per omsendbrief in kennis stel van watter kortverhale vir eksterne eksamineringsdoeleindes in 2010 en 2011 bestudeer moet word. Hierdie inligting sal voorsien word in Junie 2009 en Junie 2010 onderskeidelik, en die WKOD sal skole dienooreenkomstig in kennis stel.
Poësie
Gedigte vir 2009 vir elk van die 11 amptelike Suid-Afrikaanse tale word in Bylae G gegee.
Die nasionale Departement van Onderwys sal provinsiale onderwysdepartemente per omsendbrief in kennis stel van watter gedigte vir eksterne eksamineringsdoeleindes in 2010 en 2011 bestudeer moet word. Hierdie inligting sal voorsien word in Junie 2009 en Junie 2010 onderskeidelik, en die WKOD sal skole dienooreenkomstig in kennis stel.