1. |
Hiermee word bevestig dat beamptes wat georganiseerde oortyddiens na 18:00 verrig, aansoek mag doen om voorsien te word van staatsvervoer vanaf hulle werkplek na hul wonings, op voorwaarde dat die nodige aansoekvorms vroegtydig ingedien word en dat sodanige vervoer beskikbaar is. |
2. |
Die name en ID-nommers van gemagtigde passasiers moet aangedui word op die Ritmagtigingsvorm (Z606) en sodanige passasiers mag net na hulle wonings vervoer word. |
3. |
Onder geen omstandighede mag enige kollega of familielid in die oggende saamry op die terugrit nie. |
GETEKEN: LJ ELY
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2008:10:21
|