1. |
Lys van voorgeskrewe werke wat in Mei-Junie 2009 geëksamineer gaan word
|
1.1 |
Die lys van voorgeskrewe werke vir Afrikaans, Engels, isiXhosa, Sesotho en Setswana wat in Junie 2009 in die Senior Sertifikaat-eksamen deur die WKOD geëksamineer gaan word, word hierby aangeheg. (Bylae A)
|
1.2 |
Kandidate wat ander tale wil skryf, kan die lyste voorgeskrewe werke van die Direktoraat: Assesseringsbestuur aanvra deur mnr. TJ Magwaca te skakel by telefoonnommer 021 467 2626 of e-posadres: tmagwaca@pgwc.gov.za.
|
2. |
Sluitingsdatum vir registrasie vir Mei-Junie 2009-eksamen
|
2.1 |
Die sluitingsdatum vir registrasie vir die Mei-Junie 2009-eksamen is Dinsdag, 30 September 2008. Kandidate kan by Gemeenskapsleersentrums registreer of by die inbelsentrum van WKOD, 2de vloer, Laer-Pleinstraat, Grand Central Towers, Kaapstad. Gemeenskapsleersentrumbestuurders en kandidate word versoek om streng by hierdie datum te hou.
|
2.2 |
Die registrasiedatums vir die 2010 en 2011-eksamens sal later deurgegee word.
|
3. |
Lys vakke wat in 2009 geëksamineer gaan word
|
3.2 |
By 'n vergadering van die Komitee van Hoofde van Onderwysdepartemente is daar ooreengekom dat die Senior Sertifikaat-eksamen van Mei-Junie beperk sal word tot sekere vakke. 'n Lys met Senior Sertifikaat-vakke wat in die eksamen van Mei-Junie 2009 geëksamineer sal word, is aangeheg as Bylae B.
|
3.2 |
Deeltydse kandidate moet daarop let dat hulle nie toegelaat sal word om 'n vak aan te bied wat 'n praktiese komponent het nie.
|
4. |
Prinsipale, sentrumbestuurders en WKOD-amptenare word versoek om die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle kandidate te bring wat die Senior Sertifikaat-eksamen in Junie 2009 wil skryf.
|
GETEKEN: BK SCHREUDER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2008:09:04
|