1. |
Hierdie omsendbrief moet saamgelees word met Omsendbrief 0010/2008 van 23 April 2008, wat die finale rooster vir die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen van November 2008 vergesel het.
|
2. |
Let asseblief op die wysigings, soos aangeheg, aan die rooster vir die nasionale Senior Sertifikaat-eksamen van November 2008. Hierdie wysigings is gemaak om kandidate se vakkeuses te akkommodeer, waarvoor daar nie voorsiening gemaak kon word voor die registrasie van kandidate en hulle vakke nie.
|
3. |
Die wysigings wat in die aangehegte rooster ingesluit is, is soos volg:
|
3.1 |
Die duur van Huistale se Vraestel 2 is 2½ uur en nie 2 uur nie.
|
3.2 |
Alle Tweede Addisionele Tale het 2 vraestelle en nie 3 nie.
|
3.3 |
Meganiese Tegnologie is verskuif van Maandag, 17 November 2008 na Donderdag, 13 November 2008.
|
3.4 |
Elektriese Tegnologie is geskuif van Dinsdag, 25 November 2008 na Woensdag, 3 Desember 2008.
|
3.5 |
Gasvryheidstudies is geskuif van die oggendsessie na die namiddagsessie op Dinsdag, 2 Desember 2008.
|
3.6 |
Die datums vir Maritieme Ekonomie en Skeepvaartkunde is by die aangehegte rooster ingesluit. Skeepvaartkunde Vraestel 1 sal om 14:00 op Donderdag, 6 November 2008 geskryf word. Maritieme Ekonomie sal om 09:00 op Vrydag, 28 November geskryf word en Skeepvaartkunde Vraestel 2 sal om 09:00 op Maandag, 1 Desember 2008 geskryf word.
|
5. |
Prinsipale word versoek om hierdie veranderinge onder die aandag van alle kandidate te bring wat die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen in November / Desember 2008 gaan aflê.
|
GETEKEN: BK SCHREUDER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2008:08:15
|