1. |
Huidige nasionale beleid bied leerders in spesiale skole die geleentheid om N1 – N3 Verdere-onderwys-en-opleiding- (VOO-) kollegevakke aan te bied ten einde `n Nasionale Sertifikaat N1 – N3 te bekom.
|
2. |
Die huidige N1 – N3 VOO-kollege Nasionale Sertifikaatprogram gaan aan die einde van 2006 beëindig word.
|
3. |
Leerders by spesiale skole wat hierdie program aanbied sal slegs toegelaat word om in 2006 met hierdie program voort te gaan.
|
4. |
Leerders wat hierdie vakke slaag en hul studies wil voortsit, moet aansoek doen om vir die nuwe VOO-kollegeprogramme by VOO-kolleges in te skryf.
|
GETEKEN: J.P. RAULT-SMITH
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2006:01:27
|