2. |
Hierdie handleiding voorsien beleidsriglyne, minimum vereistes vir die hantering van risikoleerders, en norme vir gehalteversekering. OBOS'e sal skole ondersteun met die implementering hiervan en ook met die vereiste kapasiteitsbou van personeel. Navrae kan gerig word aan die Hoof: Gespesialiseerde Leerder- en Opvoederondersteuning by u OBOS. Die telefoniese skakelbesonderhede vir die onderskeie OBOS’e is soos volg:
OBOS: Metropool Suid | Me B Daniels | 021 370 2090 |
OBOS: Metropool Sentraal | Mnr E Hassen | 021 659 4300 |
OBOS: Metropool Oos | Mnr P Saunders | 021 900 7187 |
OBOS: Metropool Noord | Dr J Pretorius | 021 938 3061 |
OBOS: Metropool Weskus/Wynland | Dr L de Jager | 021 860 1200 |
OBOS: Metropool Suid-Kaap/Karoo | Mnr F Tallie | 044 803 8310 |
OBOS: Metropool Breederivier/Overberg | Dr G Barkhuizen | 023 348 4600 |
|
3. |
Die WKOD voorsien dat die minimum standaarde 'n betekenisvolle bydrae sal lewer tot die ondersteuning van opvoeders en tot voorsiening in die behoeftes van risikoleerders.
|
4. |
Dit sal waardeer word indien prinsipale van alle openbare skole die inhoud van beide hierdie omsendbrief en die handleiding onder die aandag van die personeel en skoolbeheerliggame sal bring vir hulle kennisname en implementering.
|
GETEKEN: DR F. BOOYSE
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2006:06:19
|