2. |
Die nasionale Onderwysdepartement het provinsies deur middel van Omsendbrief S8 van 2005 in kennis gestel dat die volgende assesseringsliggame deur die Minister van Onderwys goedgekeur is:
Associated Board of the Royal Schools of Music
Trinity College of London
UNISA
|
3. |
‘n Leerder mag ‘n Musiekprogramme wat deur die drie goedgekeurde assesseringsliggame aangebied word, onder die volgende voorwaardes aanbied:
|
3.1 |
Die leerder mag die vak as een van die verpligte sewe vakke, of as ‘n addisionele agste of negende vak aanbied.
|
3.2 |
Die leerder moet vir die vak inskryf in die jaar wat hy of sy vir die eerste keer vir graad 10 registreer.
|
3.3 |
Die gekose Musiekprogram moet geregistreer word as een van die Groep B-vakke in die NSS.
|
3.4 |
‘n Leerder mag nie die vereiste teoretiese eksamen van die gekose Musiekprogram voltooi voor registrasie in graad 10 vir die NSS nie.
|
3.5 |
Leerders moet vir ‘n musiekprogram van die goedgekeurde assesseringsliggame op ten minste ‘n graad 4-vlak registreer vir daardie gekose Praktiese Musiekeksamen in graad 10, en moet vorder tot by ten minste graad 6 in sy of haar graad 12-jaar ten einde aan die NSS-vereistes te voldoen.
|
3.5.1 |
Leerders wat in graad 10 vir ‘n Musiekprogram van een van die goedgekeurde assesseringsliggame registreer op graad 5- of graad 6-vlak vir daardie praktiese Musiekeksamen in graad 10, moet ten minste tot graad 6 of graad 7 onderskeidelik vorder in graad 12 ten einde aan die NSS-vereistes te voldoen.
|
3.5.2 |
Leerders wat registreer vir ‘n Musiekprogram van een van die drie goedgekeurde assesseringsliggame op graad 7-, graad 8- of Lisensiaatvlak vir daardie Praktiese Musiekeksamen in graad 10, kan hierdie programme vir die driejaartydperk van graad 10 tot 12 aanbied ten einde aan die NSS-vereistes te voldoen.
|
3.6 |
Leerders mag ‘n maksimum van EEN van die ABRSM of TCL of UNISA graad 6-, 7-, 8- of Voordraersdiploma/Lisensiaatprogramme saam met Nasionale Senior Sertifikaatvakke, wat Musiek mag insluit, aanbied.
|
3.7 |
Leerders wat een van die ABRSM of TCL of UNISA musiekeksamens in kombinasie met die vak Musiek vir die NSS aanbied, mag nie dieselfde instrument vir albei eksamens aanbied nie.
|
3.8 |
Leerders wat enige van die Musiekprogramme van die ABRSM, TCL en UNISA aanbied, moet bewyse van interne assesseringstake in ‘n portefeulje voorlê.
|
4. |
Die finale uitslag wat deur die leerder behaal word, sal bereken word uit ‘n kombinasie van punte behaal in beide die Praktiese Musiek en die vereiste teoretiese komponent:
Associated Board of the Royal Schools of Music (ABRSM)
NSS Graad 10 | NSS Graad 11 | NSS Graad 12 |
Graad 4 Prakties en Graad 4 Teorie | Graad 5 Prakties en Graad 5 Teorie | Graad 6 Prakties en Graad 6 Teorie |
Graad 5 Prakties en Graad 5 Teorie | Graad 6 Prakties en Graad 6 Teorie | Graad 7 Prakties en Graad 6 Teorie |
Graad 6 Prakties en Graad 6 Teorie | | Graad 7 Prakties en Graad 6 Teorie |
Graad 7 Prakties en Graad 6 Teorie | | Graad 7 Prakties en Graad 6 Teorie of hoër |
Trinity College of London (TCL)
NSS Graad 10 | NSS Graad 11 | NSC Graad 12 |
Graad 4 Prakties en Graad 4 Teorie | Graad 5 Prakties en Graad 5 Teorie | Graad 6 Prakties en Graad 6 Teorie |
Graad 5 Prakties en Graad 5 Teorie | Graad 6 Prakties en Graad 6 Teorie | Graad 7 Prakties en Graad 6 Teorie |
Graad 6 Prakties en Graad 6 Teorie | | Graad 7 Prakties en Graad 6 Teorie |
Graad 7 Prakties en Graad 6 Teorie of hoër | | Graad 7 Prakties en Graad 6 Teorie of hoër |
UNISA
NSS Graad 10 | NSS Graad 11 | NSC Graad 12 |
Graad 4 Prakties en Graad 3 Teorie | Graad 5 Prakties en Graad 4 Teorie | Graad 6 Prakties en Graad 5 Teorie |
Graad 5 Prakties en Graad 4 Teorie | Graad 6 Prakties en Graad 5 Teorie | Graad 7 Prakties en Graad 5 Teorie |
Graad 6 Prakties en Graad 5 Teorie | | Graad 7 Prakties en Graad 5 Teorie |
Graad 7 Prakties en Graad 5 Teorie of hoër | | Graad 7 Prakties en Graad 5 Teorie of hoër |
|
5. |
Die vereiste teoretiese komponente van die Musiekprogramme van die goedgekeurde assesseringsliggame is soos volg:
Associated Board of the Royal Schools of Music
Praktiese Musiekeksamen | Vereiste teoretiese komponent |
Graad 4 | Graad 4 |
Graad 5 | Graad 5 |
Graad 6 | Graad 6 |
Graad 7 | Graad 6 |
Graad 8 | Graad 7 |
Voordraersdiploma in Musiek | Graad 8 |
Voordraerslisensiaat in Musiek | Graad 8 |
Trinity College of London
Praktiese Musiekeksamen | Vereiste teoretiese komponent |
Graad 6 | Graad 4 |
Graad 6 | Graad 5 |
Graad 6 | Graad 6 |
Graad 7 | Graad 6 |
Graad 8 | Graad 7 |
Voordraersertifikaat in Musiek | Graad 8 |
Assosiaat-voordraerslisensiaat in Musiek | Graad 8 |
Voordraerslisensiaat in Musiek | Graad 8 |
UNISA
Praktiese Musiekeksamen | Vereiste teoretiese komponent |
Graad 6 | Graad 3 |
Graad 6 | Graad 4 |
Graad 6 | Graad 5 |
Graad 7 | Graad 5 |
Graad 8 | Graad 6 |
Voordraerslisensiaat in Musiek | Graad 7 |
|
6. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle belanghebbendes. |
GETEKEN: S.N. NAICKER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2006:02:16
|