1. |
Ingevolge bogemelde Wysigingswet word sekere artikels van die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84/1996) en ander Wette gewysig. ‘n Afdruk van Staatskoerant 28426 van 26 Januarie 2006 word geriefshalwe aangeheg.
|
2. |
Die bogenoemde wysigings het van krag geword op die datum van publikasie (26 Januarie 2006) in die Staatskoerant.
|
3. |
U sal mettertyd van ‘n verdere kennisgewing oor die toepassing van die wetgewing ten opsigte van bepaalde aspekte deur die betrokke direktorate van die Wes-Kaap Onderwysdepartement voorsien word.
|
4. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle personeel en lede van die beheerliggaam.
|
5. |
U samewerking sal waardeer word.
|
GETEKEN: L.J. ELY
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2006:02:10
|