1. |
Ingevolge artikel 38(1) van die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84/1996) soos gewysig (SASA) moet `n beheerliggaam van `n openbare skool elke jaar `n begroting wat die beraamde inkomste en uitgawe van die skool vir die volgende boekjaar uiteensit, voorberei in ooreenstemming met voorskrifte soos bepaal deur die Lid van die Uitvoerende Raad (LUR). |
2. |
Die jongste voorskrifte (afskrifte aangeheg) is deur die LUR bepaal en het in Provinsiale Koerant Nr. 6103 van 23 Januarie 2004 verskyn. |
3. |
U kan in verbinding tree met die Skoolvlakbestuurspan by u Onderwysbestuurs-en-ontwikkelingsentrum (OBOS) vir bystand rakende die nakoming van bogenoemde begrotingsvoorskrifte. |
4. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle belanghebbendes en ouers. |
GETEKEN: L.J. ELY
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2004:02:06
|