1. |
Noodsaaklikheid om te fokus op die onderrig van lees
Die meeste onderrigtyd in die HNKV word gewy aan die Taalleerarea, naamlik 40% van die leertyd in die Grondslagfase en 25% in die Intermediêre Fase. Lees is 'n kernkomponent van hierdie leerarea, en 'n kernvaardigheid vir suksesvolle leer in alle leerareas.
|
2. |
'n Gebalanseerde benadering tot die onderrig van leer
Verskeie benaderings moet gebruik word in die onderrig van lees. Dit sluit in klankleer-, sigwoord-, taalkundige, heeltaal- en taalondervinding. Die onderrig van lees moet voorsiening maak vir verskillende leerstyle en moet leerders toerus met 'n reeks tegnieke en strategieë om hulle te help om op die toepaslike vlak vir inligting en genot te lees, soos in die HNKV gespesifiseer.
|
3.1 |
|
Primêre skole: Die leeshalfuur
'n Halfuur per dag moet in elke primêre skool opsy gesit word vir 'n leesperiode. Alle onderwysers moet dan in hulle klaskamers wees. 'n Verskeidenheid van leesmetodes moet gebruik word, maar die klem moet op individuele lees wees. Leerders wat probleme met lees ondervind kan gedurende hierdie tyd toepaslike steun ontvang. Die hoofbron word deur die 100+ Boekeprojek voorsien. Voorsiening kan op die rooster vir die halfuur gemaak word deur
óf die skooldag te verleng (Dit moet met die instemming van onderwysers en ouers geskied.)
óf tyd van elke leerarea of leerprogram, in verhouding tot die tyd daaraan toegewys in die kurrikulum, te gebruik.
|
3.2 |
|
Hoërskole: Leesprogramme
Die graad 8- en 9-leesbeleid ( WKOD-omsendbrief 159/2002) ) vereis dat alle leerders op hierdie vlakke vir 20 minute elke dag moet lees. Die beleid bied drie opsies vir implementering: 'n toegewyde leesperiode óf geïntegreer in Tale óf geïntegreer oor die kurrikulum heen.
|
4. |
OBOS-bystand
Advies in hierdie verband kan verkry word van die volgende OBOS-geletterdheidskoördineerders:
Metropool-Sentraal: Mnr G Davids 021 659 4423
Metropool-Oos: Me K Mabandla 021 900 7014
Metropool-Noord: Me J Caroto 021 938 3018
Metropool-Suid: Me J Leukes 021 370 2044
Me S. Slingers 021 374 4107
Me M Kwinana 021 372 2770
Breede River/Overberg: Me M Siddle 023 348 4608
Suid-Kaap/Karoo: Me C du Plessis 044 803 8300
Weskus/Wynland: Me J Baatjes 082 374 5759
Me F Lawrence 082 895 5646
Mnr R Cornelissen 083 642 1618
|
'n Dringende beroep word op prinsipale van skole, as die kurrikulumbestuurders van hulle inrigtings, gedoen om geletterdheidsontwikkeling te ondersteun en te handhaaf.
GETEKEN: P.A. VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2004:06:30
|