1.1 |
|
Gedurende die afgelope jaar was daar `n toename in die aantal leerders wat die VBOO vlak 4-eksamens geskryf het en in die slaagpersentasie. Die WKOD wens al die betrokke persone geluk met die verbeterde prestasie van 2003. |
1.2 |
|
Die WKOD raai leerders aan om slegs vir die eksamen in te skryf as hulle gereed is daarvoor, in ooreenstemming met die DASS-beleid van die provinsiale kantoor. |
2.1 |
|
Die WKOD sal weereens twee geleenthede aan leerders bied om eksamens in 2004 te skryf. Die Junie-eksamen begin op 1 Junie en die Oktober-eksamen op 6 Oktober 2004.Albei sal nasionale eksamens wees en sal deur die WKOD, die Nasionale Departement van Onderwys en UMALUSI gemonitor word. |
2.2 |
Die leerarea-riglyne wat saam met die Omsendbrief 0075/2002 uitgestuur is, is van toepassing op albei eksamens. |
|
2.3 |
Opvoeders word aangeraai om in hulle voorbereiding van leerders vir die eksamens gebruik te maak van hierdie riglyne, die 2003 vlak 4-verslae van die VBOO hoofnasieners en vorige vraestelle. |
|
3. |
Deurlopende assessering |
3.1 |
|
Die verhouding van eksamen : DASS sal weer 50 : 50 wees en sentrums word aangemoedig om hulle portefeuljes op `n deurlopende basis te ontwikkel. |
3.2 |
|
Die nasionale kantoor en UMALUSI verwag dat provinsies `n DASS-stelsel wat die bevoegdheid van die leerders aandui, moet implementeer. Die DASS-riglyne van 2002 is van toepassing op beide die Junie- en Septemberassesserings. |
3.3 |
|
Daar moet 'n minimum van vyf items in die leerderportefeulje wees.Hierdie items moet van mekaar verskil en moet op die leerarea-riglyne gebaseer wees. Die items mag nie bloot net toetse wees nie. |
3.4 |
Die finale punt vir alle portefeuljetake moet as `n persentasie opgeteken word. |
|
3.5 |
Die finale DASS-punte en -portefeuljes sal deur die OBOS-kurrikulumadviseurs gemodereer word en deur provinsiale en UMALUSI-amptenare geverifieer word. |
|
3.6 |
Dit is die verantwoordelikheid van opvoeders om aan elke leerder `n DASS-punt te gee en van sentrumbestuurders om te verseker dat elke leerder `n DASS-portefeulje vir elke leerarea het |
|
3.7 |
Sentrumbestuurders moet ook toesien dat opvoeders `n rekord van al hulle assesserings in hulle opvoedersportefeuljes byhou. |
|
3.8 |
Opvoederportefeuljes moet al die take en hulle assesseringsinstrumente, en die leerders se punte en die terugvoering wat aan hulle gegee is, bevat. |
|
4.1 |
|
Ondersteuning kan verkry word van die VBOO-kurrikulumadviseurs wie by die volgende telefoonnommers geskakel word:
OBOS | VOO-kurrikulumadviseur | Telefoon (werk) |
Breede River/ Overberg Metropool Sentraal Metropool Oos Metropool Noord Metropool Suid Suid Kaap/ Karoo
Weskus/ Wynland |
Mnr. Joaniel Pieterse Mnr. Moeain Arend Mnr. Stephen Lategan Me. Winnifred Taylor Me. Zukiswa Ntontela (wnde.) Mnr. Nigel Behardien (wnde.) Mnr. Dirk Henry (wnde.) Me. Lillian van Louw (wnde.) |
023 348 4600 021 659 4344 021 900 7000 021 938 3000 021 370 2000 044 279 1681 023 415 2070 021 872 9288 |
|
4.2 |
|
Vir verdere ondersteuning kan u in verbinding tree met mnr J Parbhoo by 021-4672572 of per e-pos aan J Parbhoo by jparbhoo@pgwc.gov.za |
4.3 |
|
Verdere detail oor assessering van VBOO is op die volgende webwerf beskikbaar: ABET Assessment (http://curriculum.wcape.school.za/site/19/page/view/59). Hierdie webwerf bevat verslae van alle nasionale VBOO eksamens asook die leerareariglyne vir VBOO vlak 4. Daar is ook `n stel assessering items wat deur die provisiale VBOO kurrikulum span vir elke leerarea ontwikkel is. |
4.3.1 |
Verslae oor alle vorige VOO-nasionale eksamens |
4.3.2 |
Al die leerareariglyne vir VOO-vlak 4 |
4.3.3 |
Aanbevole assesseringsitems vir elke leerarea (deur die provinsiale VOO-kurrikulumspan ontwikkel). |
4.4 |
|
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle betrokkenes. |
GETEKEN: J.P. RAULT-SMITH
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2004:02:27
|