1. |
Hierdie beurse word aangebied aan studente wat tradisionele, ernstige, jazz of populêre musiekgenres by ‘n universiteit, technikon, of enige ander erkende tersiêre inrigting bestudeer. |
2. |
Die volgende kategorieë beurse word aangebied: |
3. |
Beurse ter waarde van R8 500 elk, beskikbaar aan eerstejaar- en tweedejaar-studente |
3.1 |
|
The keeping of the register is the responsibility of the principal or the head of an office and/or designated supervisory personnel under his. |
3.2 |
|
Beurse vir studie in Musiekopvoedkunde ter waarde van R7 500 elk, beskikbaar aan studente in enige jaar van voorgraadse studie |
3.3 |
|
Intermediêre beurse vir komposisiestudie ter waarde van R9 000 elk, beskikbaar aan senior voorgraadse studente (derdejaar-, vierdejaar- en honneursvlak), of van R6 000 elk, beskikbaar aan nagraadse studente (magisters- en doktorale vlak) |
3.4 |
|
Nagraadse navorsingstoekennings ter waarde van R5 500 elk, beskikbaar aan magister- en doktorale studente wat navorsing oor Suider-Afrikaaanse inheemse musiek doen |
4. |
Aansoekers moet burgers van Suid-Afrika, Botswana, Lesotho of Swaziland wees. |
5. |
Afskrifte van die amptelike regulasies en aansoekvorms is verkrygbaar vanDie Sekretaris: Raad van Trustees
SAMRO Steunfonds vir die Nasionale Kunste
Posbus 31609
BRAAMFONTEIN
2017
(Telefoon: 011 489 5000)
Die sluitingsdatum vir die ontvangs van aansoeke is 15 Februarie 2004. |
6. |
Alle navrae in verband met hierdie beurse moet aan SAMRO gerig word. |
7. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle musiekopvoeders en huidige en, sover moontlik, oudleerders. |
GETEKEN: P.A. VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2003:12:04
|