1. |
Aangesien die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) met ingang van 1 Januarie 2004 'n beduidende groei in die aantal graad 1-leerders in skole onder sy beheer verwag, is 'n sekere aantal posvlak 1-opvoedersposte opsy gesit vir skole wat 'n aansienlike groei in hulle graad 1-inskrywings ondervind. |
2. |
Kwalifiserende skole kan nou reeds aansoek doen om die toekenning van sulke addisionele poste met ingang van 1 Januarie 2004. Dit beteken dat hulle nie tot die tiende skooldag van 2004 hoef te wag om dit te doen nie. |
3. |
Aansoeke moet via die kringbestuurder by die WKOD ingedien word. Die voorgeskrewe vorm (afskrif aangeheg) moet vir hierdie doel gebruik word. Die kringbestuurder moet die aansoeke stuur aan die Hoof: Onderwys, (Vir aandag: mnr D. Flandorp), Privaatsak X9114, Kaapstad, 8000. |
4. |
Die Xhosa-weergawe van hierdie omsendbrief sal mettertyd volg. |
GETEKEN: J.H. HURTER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2003:11:25
|