1. |
Verwys asseblief na Omsendbriewe 0019/2000, 0041/2001 en 0163/2002. |
2. |
Die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders (SARO) het die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) verwittig dat dit verpligtend is vir alle opvoeders wat binne die grense van die RSA aangestel word om by SARO te registreer. |
3. |
Hoofde van inrigtings moet seker maak dat ‘n opvoeder wat van buite Suid-Afrika (buitelanders) ‘n opvoederspos in Suid-Afrika wil bekom, by SARO geregistreer is. |
4. |
Tensy hulle by SARO geregistreer is, mag geen opvoeders permanent of op kontrak aangestel word nie. |
5. |
Opvoeders se SARO-registrasienommers sal voortaan op die salarisadviesstrokies van alle geregistreerde opvoeders druk. In gevalle waar SARO-sertifikate nog nie beskikbaar is nie sal die WKOD salarisadviesstrokies met die SARO-registrasienommer daarop aanvaar as ‘n bewys dat opvoeders by SARO geregistreer is. |
6. |
Aansoekvorms vir registrasie by SARO is verkrygbaar by alle onderwysbestuurs-en-ontwikkelingsentrums (OBOS’e) en voltooide aansoekvorms moet gepos word aan:SARO
Wesstraat 261
CENTURION
0046
Tel. 012 663 9517 Aansoeke per faks is nie aanvaarbaar nie. |
7. |
Die inhoud van hierdie omsendbrief moet asseblief onder die aandag van alle belanghebbende partye gebring word. |
GETEKEN: J.H. HURTER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2003:11:13
|