1. |
Die finale beleidsvoorstelle vir die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) is goedgekeur. Die kennisgewing verskyn in die Staatskoerant 25545, Kennisgewing 1407 van 6 Oktober 2003. Dit kan aanlyn besigtig word hier (grootte: 211 KB) of by "http://www.gov.za/gazette/notices/2003/25545.pdf" |
2. |
Die volle stel NKV-dokumente is beskikbaar op die bladsy vir "Further Education and Training (Schools)" by die WKOD se Kurrikulumwebtuiste (http://curriculum.wcape.school.za), onder die hofie "Policies, Circulars, Guidelines and Learning Support". |
3. |
Die dokumente sluit in die belangrike "Oorsig" en "Kwalifikasies en Assesseringsbeleidsraamwerk, graad 10 - 12 (Algemeen)" waarin al die reëls voorkom wat die NKV bepaal en wat deeglik bestudeer moet word. Daarbenewens is daar 'n afsonderlike lêer vir elke vak. |
4. |
Elke skool sal vroeg in 2004 'n volle stel van die dokumente vanaf die Nasionale Departement van Onderwys ontvang. Die dokumente sal in November gedruk word. |
5. |
Navrae i.v.m. afskrifte van die NKV-dokumente kan gerig word aan mnr S Sekese by Schoemanstraat 123, PRETORIA 0001, of by Faks (012) 328 2128/328 9828 of Tel: (012) 312 5212, E-mail: sekese.m@doe.gov.za . |
GETEKEN: P.A. VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2003:11:12
LW: Afdeling 1 & 2 is aangepas vir gebruik via die Internet.
|