1. |
Ingevolge die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84/1996) soos gewysig (SASA), moet die beheerliggaam van ‘n openbare skool |
1.1 |
|
rekord hou van alle fondse ontvang en bestee, en van sy bates en laste |
1.2 |
|
binne drie maande na die einde van elke boekjaar, jaarlikse finansiële state opstel ooreenkomstig die riglyne wat deur die Lid van die Uitvoerende Raad bepaal is, en |
1.3 |
|
binne ses maande na die einde van elke boekjaar, ‘n afskrif van die geouditeerde jaarlikse finansiële state aan die Departementshoof voorlê. |
2. |
Aangesien die voorbereiding van geouditeerde finansiële state ’n tydrowende proses is, word u aangeraai om vroegtydig reëlings te tref vir die state vir die boekjaar wat op 31 Desember 2003 eindig. Hierdie state moet by die betrokke OBOS ingedien word.
|
3. |
Omsendbrief 27/2001 en Afdeling I van die Handleiding: Basiese Finansiële Stelsel vir Skole bepaal die vereistes vir die aanstelling van ‘n ouditeur sowel as riglyne vir die finansiële state. |
3.1 |
|
Die volgende dokumente (voorbeelde beskikbaar by OBOS'e op versoek) moet ingesluit wees by die geouditeerde finansiële state:
Inkomste- en Uitgawestaat vir 1 Januarie tot 31 Desember
Balansstaat soos op 31 Desember
Bankrekonsiliasiestaat soos op 31 Desember
Staat van Beleggings
Bateverifikasiekontrolesertifikaat
Staat van Uitstaande Skuld
Sertifikaat ingevolge artikel 38 (1)(j) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur
Ouditeursverslag
|
3.2 |
|
Die volgende items moet afsonderlik gespesifiseer word:
Elke WKOD-bydrae as inkomste, bv.
Ander inkomste
Uitgawes
Instandhouding
Handboeke
Ander LOM
Veilige Skole
Munisipale dienste
|
3.3 |
|
`n Aparte Balanstaat en Inkomstestaat moet vir 'n koshuis opgestel word. |
4.1 |
|
Ingevolge artikel 43 van SASA moet die beheerliggaam van ‘n openbare skool ‘n persoon wat ingevolge die Wet op Openbare Rekenmeesters en Ouditeurs, 1991 (Wet 80/1991) as rekenmeester en ouditeur geregistreer is, as ouditeur aanstel. Indien die beheerliggaam nie redelikerwys hiertoe in staat is nie, moet dit `n persoon aanstel wat bevoeg is om as rekeningkundige beampte van Beslote Korporasies op te tree. Indien dit ook nie moontlik is nie, moet die beheerliggaam `n bevoegde persoon aanstel, maar vir so `n aanstelling word die goedkeuring van die Lid van die Uitvoerende Raad (Provinsiale Minister) benodig. Aansoeke om goedkeuring (voorgeskrewe aansoekvorm aangeheg) moet gestuur word aan Die Direkteur: Begrotingsbestuur, Wes-Kaap Onderwysdepartement, Kamer 7-20, Privaatsak X9114, Kaapstad, 8000. Die vereiste dat die persoon nie enige finansiële belang by die sake van die skool mag hê nie, bly steeds van krag. |
4.2 |
|
Die ouditeur se verslag moet die volgende insluit:
Verklaring van ouditeur se kwalifikasies ingevolge artikel 43 van SASA
Verklaring dat hy of sy onafhanklik optree en geen finansiële belang by die skool se sake het nie
Verklaring dat die finansiële state ‘n redelike voorstelling bied van die skool se finansiële stand soos op 31 Desember en van die skool se finansiële aktiwiteite vir die tydperk 1 Januarie tot 31 Desember
Kommentaar rakende die volgende aspekte:
Bestuur van fondse
Wesenlike onreëlmatighede
Interne kontrolemaatreëls
|
5. |
Tree asseblief in verbinding met die Skoolvlakbestuurspan by u OBOS indien u ondersteuning ten opsigte van die geouditeerde finansiële state verlang. |
6. |
U samewerking sal waardeer word. |
GETEKEN: A.J. VAN NIEKERK
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2003:10:20
|