1. |
Aangeheg is ’n generiese opsommende optekeningsblad as ’n voorbeeld van die blad wat gebruik moet word in elke leerarea wat in graad 9 aangebied word. |
2. |
OBOS’e sal skole in kennis stel van die datums en die reëlings vir graad 9-moderering.
|
3. |
Voor die aanvang van die graad 9-modereringsproses moet die leerders se name en DASS- punte in die opsommende optekeningsblad geskryf word. Om onderwysers te help, sal die Direktoraat: Eksamens van die WKOD geregistreerde skole voorsien van drukstukke van opsommende optekeningsblaaie met die name en nommers van alle graad 9- leerders wat by ’n skool geregistreer is, reeds daarop gedruk. |
4. |
Die prosedure vir die invul van die opsommende optekeningsblaaie is soos volg: |
4.1.1 |
|
Teken die naam van die leerarea in die toepaslike ruimte aan. |
4.1.2 |
|
Teken die uitkomstes wat deur ’n vorm van assessering aangespreek word, in die toepaslike ruimte aan, bv. SU 1, 3 en 5. |
4.1.3 |
|
Teken die vorm van assessering aan. (Verwys na Omsendbrief 0004/2003 en die gepaardgaande graad 9 Deurlopende Assesseringsriglyne vir die vorms van assessering wat vir elke leerarea aanbeveel word.) |
4.1.4 |
|
Vul die punt wat behaal is vir die vorm van assessering in. |
4.1.5 |
|
Volg die prosedure in 4.1.2 tot 4.1.4 vir elke vorm van assessering. |
4.1.6 |
|
Tel die punte vir al die vorms van assessering wat in die leerarea gebruik is bymekaar en druk dit as ’n punt uit 100 uit. |
4.1.7 |
|
Verwerk die totaal uit 100 na ’n punt uit 75. |
4.2.1 |
|
Teken die Afdeling A-punt aan. Die maksimum punte vir Afdeling A verskil vir elke leerarea. |
4.2.2 |
|
Teken die Afdeling B-punt aan. Die maksimum punte vir Afdeling B verskil vir elke leerarea. |
4.2.3 |
|
Tel die Afdeling A- en Afdeling B-kolomme saam om ’n totale punt vir die GTA te verkry. |
4.2.4 |
|
Verwerk die totale punt vir die GTA na ’n punt uit 25. |
4.3.1 |
|
Tel die DASS-punt uit 75 en die GTA-punt uit 25 saam om ’n punt uit 100 (’n persentasie) te verkry. |
4.3.2 |
|
Teken die toepaslike kode (1-4) in die volgende kolom aan. Raadpleeg asseblief Omsendbrief 111/2003 vir die vlakbeskrywers en persentasies verbonde aan die kodes. |
5. |
’n Elektroniese (“Excel”) weergawe van die opsommende optekeningsblad is beskikbaar op die WKOD-Kurrikulumontwikkelingwebwerf by http://curriculum.wcape.school.za/ op die “Resources”-blad van die “Assessment (General)”-werf1. Hierdie “Excel”-program tel punte outomaties op en verwerk hulle. Die OBOS-assesseringskoördineerders sal skole op aanvraag adviseer oor die gebruik van die elektroniese weergawe. Terugvoering oor die elektroniese proses kan ook aan hulle gestuur word.
1 Click here to download/save a 'zipped' copy of the complete Excel record sheet (Size: 618 KB).
|
6. |
Die Direktoraat: Eksamens van die WKOD sal skole in November 2003 voorsien van ’n gerekenariseerde punteblad vir sentrale data-optekeningsdoeleindes. Hierdie blad sal voorsiening maak vir slegs die totale DASS-(uit 75) en GTA-(uit 25) punte per leerarea vir elke leerder. Daar sal instruksies by die bladsye wees oor hoe om hulle in te vul. |
7.1 |
|
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle belanghebbendes. |
7.2 |
|
Navrae rakende die inhoud van hierdie omsendbrief kan aan OBOS-direkteure en
-hoofkurrikulumadviseurs gerig word. |
GETEKEN: P.A. VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2003:10:08
|