1. |
1. Skole en amptenare is in Omsendbriewe 0045/2001 van 15 Mei 2001, 155/2001 van 23 November 2001 en 0065/2002 van 7 Augustus 2002 ingelig oor die elektroniese kommunikasiestrategie, elektroniese poslyste en e-posmeesterstelsel van die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD). |
2. |
Die WKOD-e-posmeesterstelsel wat skole en amptenare van die WKOD (ook bekend as WKOD-e-posmeesters) in staat sal stel om per e-pos met mekaar te kommunikeer, is voltooi en gereed vir gebruik. Dit beteken dat e-posmeesteridentiteite nou vir elk van die funksionele eenhede in die WKOD geskep is en dat strukture daargestel is vir die prosessering van e-pos na hierdie adresse. Skole kan dus voortaan, met deeglike inagneming van die WKOD se e-posmeesterbeleid wat in die aangehegte Bylae A uiteengesit is, per e-pos met WKOD-e-posmeesters kommunikeer. |
4. |
Skole word dus aangemoedig om voortaan sover moontlik van die WKOD-e-posmeesterstelsel gebruik te maak. 'n Vriendelike beroep word ook op skole en amptenare gedoen om hulle e-pos ten minste drie keer daagliks na te gaan en seker te maak dat inkomende pos onmiddellik aandag geniet. |
5. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle betrokkenes. |
GETEKEN: A.J. VAN NIEKERK
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2003:08:08
|