1. |
Die ingeslote rooster vir die summatiewe assessering van VBOO vlak 4 in Oktober 2003 is ontvang van die Nasionale Departement van Onderwys. |
1.1 |
|
Die summatiewe assessering neem op 6 Oktober 2003 'n aanvang en loop op 27 Oktober 2003 ten einde. Elke leerarea sal tussen 14:00 en 17:00 geskryf word. Aangesien hierdie assessering `n nasionale proses is, is die datums en tye van toepassing op die hele land. Geen afwyking van hierdie datums en/of tye sal toegelaat word nie. |
1.2 |
|
Vir administratiewe doeleindes is dit belangrik dat sentrumbestuurders voor die aanvang en ook aan die einde van elke assesseringsessie by die sentrums moet wees. |
1.3 |
|
Indien `n sentrum se VBOO-assessering op die perseel van `n hoofstroomskool plaasvind, moet die sentrumbestuurder vooraf reëlings tref vir die gebruik van die kluis, die administrasiegebou, klaskamers, ablusiegeriewe, ens. |
1.4 |
|
Sentrums moet die rooster onmiddellik aan alle kandidate en opvoeders beskikbaar stel om hulle in staat te stel om hulle finale reëlings vir die summatiewe assessering te tref. |
1.5 |
|
Sentrumbestuurders moet al hulle kandidate daaraan herinner dat hulle voor die aanvang van elke assesseringsessie hulle identiteitsdokumente en toelatingsbriewe sal moet toon. |
2. |
Verwys asseblief na Omsendbrief 75/2003 vir inligting oor addisionele ondersteuning en die kontaknommers van die VBOO-kurrikulumadviseurs. |
3. |
U word versoek om alle kandidate namens die Wes-Kaap Onderwysdepartment voorspoed met die assessering toe te wens. |
GETEKEN: P.A. VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2003:07:02
|