1.1 |
|
Aangesien graad 9 die einde van die Algemene-onderwys-en-opleidingsband aandui, is ‘n stelsel van bevordering in hierdie stadium van toepassing. |
1.2 |
|
In elke leerarea sal 75% van die bevorderingspunt op skoolgebaseerde assessering (deurlopende assessering) en 25% op eksterne assessering (gemeenskaplike taak vir assessering) gebaseer word. |
1.3 |
|
Alle graad 9-leerders aan alle skole in die provinsie sal in al die leerareas die gemeenskaplike take vir assessering, wat op nasionale vlak opgestel word, moet voltooi. |
1.4 |
|
Indien OLSO-skole probleme ondervind om die GTA’s te administreer, moet prinsipale asseblief met die Direkteur: Kurrikulumontwikkeling by (021) 467-2622 (tel) of (021) 467-2620 (faks) in verbinding tree. |
1.5 |
|
Skole sal GTA’s, wat in al agt leerareas op nasionale vlak opgestel is, vir graad 9-leerders gedurende die derde kwartaal van 2003 ontvang. |
2.1 |
|
Afdeling A van die GTA’s (voorbereidende take) kan vanaf 6 Oktober tot 7 November 2003 ter voorbereiding vir Afdeling B in skole geadministreer word. Aangesien Afdeling A van die GTA’s deel uitmaak van die leer- en onderrigproses, moet die skool voortgaan om gedurende hierdie tyd normaal te funksioneer. |
2.2 |
|
Die volgende tabel verskaf riglyne ten opsigte van die tyd wat aan Afdeling A van die GTA’s in die onderskeie leerareas bestee moet word:
LEERAREA |
BERAAMDE TYD |
Taal, Geletterdheid en Kommunikasie: Afrikaans Primêre Taal Afrikaans Addisionele Taal Engels Primêre Taal Engels Addisionele Taal Sotho Primêre Taal Tswana Primêre Taal Xhosa Primêre Taal Xhosa Addisionele Taal Kuns en Kultuur Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Lewensoriëtering Wiskundige Geletterdheid, Wiskunde en Wiskundige Wetenskappe Natuurwetenskappe Sosiale Wetenskappe Tegnologie |
5 uur 4 uur 5 uur 4 uur 5 uur 5 uur 5 uur 5 uur 4 uur 4 uur 4 uur 5 uur 5 uur 4 uur 4 uur
|
|
2.3 |
|
Bostaande dui die beraamde tyd aan wat dit ’n graad 9-leerder sal neem om die Afdeling A-take te voltooi. Afdeling A moet egter nie as ’n tydgebonde toets beskou word nie. |
2.4 |
|
Afdeling B van die GTA’s (individuele take onder beheerde omstandighede) moet vanaf 10 November tot 21 November 2003 volgens die aangehegte nasionale rooster geadministreer word. |
2.5 |
|
Die GTA’s sal op skoolvlak geadministreer en geassesseer word. Prinsipale word versoek om te verseker dat hulle skole oor ‘n bestuursplan vir die administrasie en assessering van die GTA’s beskik. |
3.1 |
|
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle belanghebbendes, insluitende opvoeders, ouers en leerders. |
3.2 |
|
Navrae oor die inhoud van hierdie omsendbrief kan aan OBOS-direkteure en Hoofkurrikulumadviseurs gerig word. |
GETEKEN: R.B. SWARTZ
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2003:06:05
ROOSTER VIR AFDELING B VAN GRAAD 9-GEMEENSKAPLIKE TAKE VIR ASSESSERING
2003
DATUM | TYD | LEERAREA |
Mondag 10/11/03
Dinsdag 11/11/03
Woensdag 12/11/03
Donderdag 13/11/03
Vrydag 14/11/03
Maandag 17/11/03
Dinsdag 18/11/03
Woensdag 19/11/03
Donderdag 20/11/03
Vrydag 21/11/03
|
09:00 - 11:00 12:00 - 14:00
09:00 - 11:00
09:00 - 11:00 12:00 - 14:00
Gebruik amptelike skooltyd
09:00 - 11:00
09:00 - 11:00
09:00 - 11:00
09:00 - 11:00
09:00 - 11:00
09:00 - 11:00
|
Primêre Taal Primêre Taal (indien TWEE primêre tale geneem word)
Wiskundige Geletterdheid, Wiskunde en Wiskundige Wetenskappe
Eerste Addisionele Taal Tweede Addisionele Taal
Studiedag
Natuurwetenskappe
Ekoniese en Bestuurswetenskappe
Sosiale Wetenskappe
Lewensoriëntering
Tegnologie
Kuns en Kultuur |
|