1. |
Die Provinsiale Tesourie het besluit om al die fasiliteite vir die generering van rekenaar- en handgeskrewe tjeks te onttrek. Hierdie besluit is van toepassing op alle departemente van die Wes-Kaap Provinsiale Administrasie waarvan die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) een is. Weens sekere unieke omstandighede, is hierdie besluit in die geval van die WKOD eers vanaf 1 Junie 2003 van krag, terwyl dit in die geval van die res van die provinsiale departemente vanaf 1 April 2003 van toepassing is. Die Provinsiale Tesourie het alreeds die provinsiale bankiers opdrag gegee om te weier om enige tjek wat na 31 Mei 2003 uitgereik word, te wissel. |
2. |
Dit beteken dat alle betalings na 1 Junie 2003 deur middel van elektroniese fondsoordragte (EFO’s) of genomineerde rekeningbetalingfasiliteite (GRB’s) gemaak sal word. |
3. |
Elke personeellid moet dus ‘n bankrekening hê waarin sy of haar salaris en ander diensvoordele direk gedeponeer kan word. |
4. |
Verwys asseblief na Omsendbrief 0020/2002 van 14 Februarie 2002 waarin u aandag gevestig word daarop dat alle salaris- en verwante betalings direk in werknemers se bankrekenings gestort moet word. |
5. |
Aangesien dit nie langer moontlik sal wees om rekenaar- of handgeskrewe tjeks uit te reik nie, sal geen aanstelling geprosesseer word indien 'n voltooide Z56-vorm (kyk Omsendbrief 0020/2002) nie die relevante aanstellingsdokumente (A2- en A3-vorms in die geval van opvoeders en Z83-vorms in die geval van staatsdienspersoneel), vergesel nie. |
6. |
Alle personeellede, veral diegene wat nog steeds per tjek betaal word, word weereens versoek om ‘n voltooide Z56-vorm in te dien ten einde reëlings te tref vir die direkte inbetaling van hulle salarisse en verwante diensvoordele in hulle bankrekenings. |
6.1 |
|
In die geval van opvoeders, moet voltooide Z56-vorms gestuur word aan:
Hoof: Onderwys (Direktoraat: Personeelbestuur (Opvoeders)
Privaatsak X9114
Kaapstad
8000
|
6.2 |
|
In die geval van staatdienspersoneel moet voltooide Z56 vorms gestuur word aan:
Hoof: Onderwys (Direktoraat: Personeelbestuur (Staatsdienspersoneel)
Privaatsak X9114
Kaapstad
8000 |
B. |
FREKWENSIE VAN BETALINGS
Die Provinsiale Tesourie het ook besluit dat betalinglopies, insluitende aanvullende betalinglopies, met onmiddellike effek verminder sal word na een keer per week. Vanaf 1 Julie 2003 sal die betalinglopies verder verminder word na een elke twee weke. Dit impliseer dat indien die benoeming-vir-aanstellingvorms of enige eisvorm laat ingedien word, die betaling ook onvermydelik laat sal wees. Die belangrikheid van die tydige indiening van aanstellings- en eisvorms ten einde die spoedige betaling van salarisse en ander diensvoordele te verseker, word dus weereens beklemtoon. |
C. |
ALGEMEEN
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle personeellede en die beheerstruktuur van inrigtings en direktorate.
U samewerking sal waardeer word. |
GETEKEN: R.B. SWARTZ
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2003:05:07
|