1.1 |
|
Op ‘n vergadering van die hoofde van die nasionale en provinsiale onderwysdepartemente op 18 Maart 2003 is besluit om die nasionale Graad 9- bevorderingsvereistes van 2002 in 2003 te behou. |
1.2 |
|
In grade R tot 8 is die stelsel van vordering met die ouderdomsgroep van toepassing. |
1.3 |
|
Die bevorderingsvereistes vir graad 9 en die stelsel van vordering in grade R - 8 word in die volgende afdelings verduidelik: |
2.1 |
|
Bevorderingsvereistes
Graad 9 is die einde van die Algemene-onderwys-en-opleidingsband.
‘n Stelsel van bevordering is van toepassing op hierdie punt.
Daar word beoog dat vir elke leerarea, 75% van die bevorderingspunt op skoolgebaseerde assessering (deurlopende assessering) en 25% op eksterne assessering (gemeenskaplike taak vir assessering) gebaseer sal word.
Alle graad 9-leerders aan alle skole in die Provinsie moet in al die leerareas die gemeenskaplike take vir assessering, wat op nasionale vlak opgestel word, voltooi.
Ten einde na graad 10 bevorder te word, moet ‘n leerder aan die volgende vereistes voldoen:
Minstens ’n “Bereik”-beoordeling (kode 3) moet in Taal, Geletterdheid en Kommunikasie (TGK) en in Wiskundige Geletterdheid, Wiskunde en Wiskundige Wetenskappe (WGWWW) behaal word
EN
minstens ’n “Gedeeltelik bereik”-beoordeling (kode 2) moet in elk van die oorblywende ses leerareas behaal word.
Die persentasies wat verband hou met die optekening en rapportering van vlakbeskrywerkodes is soos volg:
VLAKKODE | VLAKBESKRYWER | PERSENTASIE |
1 |
Nie bereik nie |
0% tot 34% |
2 |
Gedeeltelik bereik |
35% tot 39% |
3 |
Bereik |
40% tot 69% |
4 |
Uitstaande / uitmuntende prestasie |
70% en meer |
|
2.2 |
|
Kondonerings
Die volgende kondonerings geld vir graad 9 in 2003:
‘n Leerder sal gekondoneer word indien hy of sy ‘n “Bereik”-beoordeling (kode 3) behaal het in óf Taal, Geletterdheid en Kommunikasie (TGK) óf Wiskundige Geletterdheid, Wiskunde en Wiskundige Wetenskappe (WGWWW) en ten minste ’n “Gedeeltelik bereik”-beoordeling (kode 2) in die ander een van hierdie twee leerareas behaal het
EN
ten minste ’n “Gedeeltelik bereik” -beoordeling (kode 2) in vier van die oorblywende ses leerareas behaal het.
L.W.Dit is moontlik vir ’n leerder om gekondoneer te word selfs indien sy of hy ’n “Nie bereik nie”-beoordeling (kode 1) in twee van die oorblywende ses leerareas behaal het. |
2.3 |
|
Konsessies
Die volgende konsessies is van toepassing:
|
3. |
VORDERING IN GRADE R TOT 8
|
3.1 |
|
Volgens die nasionale Assesseringsbeleid (Staatskoerant 19640, 23 Desember 1998) is ‘n stelsel van vordering met die ouderdomsgroep van toepassing in hierdie grade. |
3.2 |
|
“Ouderdomsgroep” verwys na leerders wat in dieselfde jaar begin skoolgaan het of van min of meer dieselfde ouderdom is.
|
3.3 |
|
Ooreenkomstig assesseringsbeleid beteken “vordering” nie dat die leerder elke jaar na die volgende graad deurgedruk word nie. Dit beteken dat die leerder dwarsdeur die jaar na die bereiking van uitkomste vorder, op die vlak van toepassing op ‘n graad. Die opvoeder, leerder en ouer moet tesame verseker dat sodanige vordering dwarsdeur die jaar plaasvind. Leerders en ouers moet vroegtydig in kennis gestel word dat die leerder nie genoegsame vordering maak nie. |
3.4 |
|
Die doel van assessering is om bewyse van bereiking op ‘n deurlopende basis bymekaar te maak. Indien die leerder nie bewyse van bereiking produseer nie, word die kwessie van ondersteuning kritiek ten einde die bereiking van uitkomste op die toepaslike vlak te verseker. |
3.5 |
|
Die WKOD is van voorneme om binnekort ‘n basiese en verbruikersvriendelike riglyn, wat tegnieke vir ondersteuning deur opvoeders insluit, uit te reik ten einde opvoeders in staat te stel om basiese ondersteuning aan leerders te gee. |
4.1 |
|
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle belanghebbendes, insluitende opvoeders, ouers en leerders. |
4.2 |
|
Navrae oor die inhoud van hierdie omsendbrief mag aan OBOS-direkteure en Hoofkurrikulumadviseurs gerig word. |
GETEKEN: P.A. VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2003:05:07
|